…waar ons speel-speel groot word!
Ja, verseker, by Pikkieland ontdek jou liefiekind die vreugde en genot van LEER, deur SPEEL!
Pikkieland Creché cum Kleuterskool bestaan sedert 1965, dus vir 60 suksesvolle jare en funksioneer op ‘n vlak wat ander instansies probeer nastreef.
Pikkieland is ‘n christelike, afrikaans-sprekende kleuterskool wat ‘n baie hoë standaard van akademiese sillabus, deur gekwalifiseerde gegradueerde kleuterskoolonderwyseresse, tweetalig aanbied.